Job 15:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal nie uit die duisternis wyk nie; die vlam sal sy takke opdroog, en deur die asem van sy mond sal hy weggaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal die donkerte nie kan ontsnap nie. Vuur sal hulle verteer en die asem van God sal hulle vernietig.
Afrikaans 1933/1953 Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
Afrikaans 1983 Hy sal die dood nie vryspring nie, sy nakomelinge sal deur vuur verteer word, sy woorde in die wind verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal die donker nie ontwyk nie. 'n Vlam sal sy loot laat verskrompel, sodat hy verdwyn deur die asem van God se mond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal sterf, dit is seker. Hy is soos 'n boom, sy takke sal verbrand, die wind sal sy blomme wegwaai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Donker tye lê vir hulle en wag. Hulle sal nie wegkom nie. Soos ’n vuur ’n boom verteer, sal die Here hulle laat verdwyn.