Job 15:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy woon in verlate stede en in huise wat niemand bewoon nie, wat gereed is om hope te word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hulle woon in stede wat verwoes sal word. Hulle sal in verlate huise bly wat wil inmekaarval. |
| Afrikaans 1933/1953 | en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal in verwoeste stede moet woon, in onbewoonbare huise, huise wat dreig om bouvalle te word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en al het hy verwoeste stede bewoon – huise wat onbewoonbaar moes bly, wat bestem was om kliphope te wees – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hy sal woon in stede wat verwoes is, in huise waar mense nie kan woon nie, huise wat net hope klippe sal wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle stede gaan verwoes word. Hulle gaan in huise bly waarin niemand anders meer wil bly nie. Hierdie huise gaan vernietig word. |