Job 15:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Benoudheid en benoudheid sal hom verskrik; hulle sal hom oorweldig soos 'n koning wat gereed is vir die geveg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie donker dag verskrik hulle, dit oorweldig hulle soos ’n koning wat regmaak vir ’n aanval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval, |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n koning wat aanval, storm swaarkry en lyding op hom af; dit oorweldig hom, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Benoudheid en neerslagtigheid verskrik hom – dit oorweldig hom soos wanneer 'n koning gereedmaak vir die aanslag; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy is bang, want dit is gevaarlik vir hom, so gevaarlik soos wanneer 'n koning moet gaan oorlog maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gedagte aan moeilike tye maak hulle baie bang. Hulle lewe doodbang en in angs. Dit is soos ’n koning se spanning net voor hy ’n vyand begin aanval. |