Job 15:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die goddelose ly al sy dae van pyn, en die getal jare is vir die verdrukker verborge. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bose mense is lewenslank in pyn. Jare se moeite word gebêre vir die gewetenloses. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sê: ‘Sy lewe lank word die goddelose, die geweldenaar, deur angs geteister, al die jare wat vir hom afgemeet is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die dae van sy lewe krimp 'n goddelose ineen van angs, ja, tydens die volle getal jare wat weggesit is vir 'n geweldenaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ‘Die mens wat verkeerd doen, die mens wat altyd ander mense wil seermaak en doodmaak, daardie mens is altyd bang, so lank soos hy lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vir slegte mense is hulle hele lewe eintlik maar ’n pynlike ervaring. Solank hulle leef, sal ongevoelige mense hulle laat swaarkry. |