Job 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar deur die geur van water sal dit bot en takke voortbring soos 'n plant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | met die geur van water kan dit weer bloei en lote laat uitspruit soos ’n jong boom. |
| Afrikaans 1933/1953 | van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie. |
| Afrikaans 1983 | spruit hy weer uit as hy net water ruik, en groei sy takke asof hy pas geplant is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | van die reuk van water spruit hy uit, maak hy lote soos 'n jong plant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar wanneer die wortels water kry, dan groei die boom weer, hy kry nuwe takkies. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as daar water kom, kan dit weer soos ’n jong boom groei en nuwe takkies laat uitskiet. |