Job 14:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy seuns kom tot eer, en hy weet dit nie; en hulle is verneder, maar hy het dit nie van hulle bemerk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle weet nooit of hulle seuns grootword in eer of wegsink in nietigheid nie.
Afrikaans 1933/1953 Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.
Afrikaans 1983 Sy seuns word vereer, maar hy weet dit nie, hulle word verkleineer, maar hy is nie daarvan bewus nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy seuns word vereer, maar hy weet dit nie; hulle word verkleineer, maar hy merk dit nie op nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense respekteer sy seuns, maar hy weet dit nie. Of mense dink sy seuns is nie belangrik nie, en hy sien dit nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle weet nooit wat van hulle kinders gaan word nie. Hulle weet nie of hulle eendag beroemd sal wees en of dit sleg met hulle sal gaan nie.