Job 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy kom uit soos 'n blom en word afgekap; ook vlug hy soos 'n skaduwee en bly nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos ’n blom bloei dit vir ’n oomblik en verwelk. Soos die skadu van ’n drywende wolk, so verdwyn dit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy is soos 'n blom wat oopgaan en dan verlep, 'n skaduwee wat verbygaan en nie stilstaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos 'n blom kom hy op en verwelk; soos 'n skaduwee verdwyn hy en hou nie stand nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy is soos 'n blom wat oopgaan en wat dan droog word en verlep, hy is soos 'n skaduwee wat verbykom en nie stilstaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou lewe is soos ’n blom. Vir ’n kort rukkie is die blom pragtig, maar dit gaan gou dood. Dit is soos ’n wolk wat vir ’n klein rukkie ’n skaduwee gooi en dan skielik is dit weg. |