Job 14:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die waters dra die klippe af; en U vernietig die hoop van die mens. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | soos water rotse verweer en ’n vloed grond wegspoel, so vernietig U mense se hoop. |
| Afrikaans 1933/1953 | die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens -- U maak dit tot niet. |
| Afrikaans 1983 | soos water klippe verweer, 'n wolkbreuk die grond wegspoel, so vernietig U die hoop van die mens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | water verweer selfs klippe, stortreën spoel die stof van die grond weg – net so laat U 'n sterfling se hoop tot niet gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | water vloei oor klippe en skuur dit weg, baie water spoel die grond weg. So laat U die dinge verdwyn wat 'n mens graag wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Water maak dat klippe verweer en stormwater spoel grond weg. Net so laat die Here mense se hoop verdwyn. Niks bly daarvan oor nie. |