Job 14:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ag, dat U my in die doderyk wou wegsteek, dat U my verborge sou hou totdat u toorn verby is, dat U vir my 'n vasgestelde tyd sou bepaal en aan my dink! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek wens U wou my wegsteek in ’n graf en van my vergeet totdat u woede verby is. Maar merk my op u kalender om my weer te onthou! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink! |
| Afrikaans 1983 | As U my maar liewer in die doderyk wou wegsteek, my daar wou hou tot u toorn afgekoel het, as U maar liewer 'n tyd vir my wou vasstel en dan weer aan my wou dink! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “As U my maar in die •doderyk wou wegsteek, my verberg totdat u toorn bedaar het, 'n vasgestelde tyd vir my bepaal, en my dan onthou! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wens dat U my wil wegsteek in die doderyk en dat U my daar wil hou totdat U nie meer kwaad is nie. Ek wens dat U wil besluit hoe lank ek daar moet bly en dat U dan weer aan my sal dink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Job het vir die Here gesê: “Ek wens U wil my tussen die dooie mense wegsteek en my daar hou totdat U nie meer so kwaad is nie. Besluit vir hoe lank U van my wil vergeet. As hierdie tyd verby is, kan U dan weer van my onthou. |