Job 13:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is dit goed dat hy jou deursoek? of soos een mens met 'n ander spot, bespot julle hom so?
Afrikaans (NLV) 2011 Wees versigtig dat Hy nie uitvind wat julle doen nie! Dink julle dat julle Hom kan bedrieg soos ’n mens?
Afrikaans 1933/1953 Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?
Afrikaans 1983 As Hy julle sou ondersoek, sou dit vir julle goed verloop? Sou julle Hom kon bedrieg soos julle mense bedrieg?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sal dit goed afloop as Hy julle onder kruisverhoor neem? Of sal julle Hom mislei soos mens 'n sterfling mislei?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met julle as Hy wil hoor wat julle sê, julle kan Hom nie bedrieg soos julle mense bedrieg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat dink julle sal gebeur as Hy in julle sake begin krap? Julle moet nie vir ’n oomblik dink dat julle Hom om die bos kan lei soos julle met mense maak nie.