Job 13:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al maak hy my dood, ek sal op hom vertrou; maar ek sal my eie weë voor hom handhaaf.
Afrikaans (NLV) 2011 God kan my maar tref, maar ek het geen ander hoop nie. Ek gaan my saak voor Hom stel.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, al wil Hy my ombring -- ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
Afrikaans 1983 Al sou God my doodmaak, ek kan nie wag nie, ek moet my saak vir Hom stel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, Hy kan my doodmaak, maar ek gaan nie wag nie. Ek wil net my optrede in sy teenwoordigheid verdedig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, God sal my laat sterf, ek kan niks hoop nie, maar ek wil vir Hom duidelik sê wat ek voel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet God kan my doodmaak, maar dit maak nie saak nie. Daar is in elk geval nie meer hoop vir my nie. Ek wil by God uitkom en my saak stel.