Job 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die tente van rowers is voorspoedig, en die wat God terg, is veilig; in wie se hand God oorvloedig bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar selfs rowers word in vrede gelaat. Dié wat God tart, leef in veiligheid, hulle vir wie God in sy mag het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra. |
| Afrikaans 1983 | In die huise van die rowers is daar rus, en dié wat God se toorn verwek, is veilig, dié wat meen dat hulle vir God in hulle mag het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tente van verwoesters staan rustig; en veiligheid heers vir hulle wat God uittart, vir hom in wie se hand God dit laat beland. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat alles wil verwoes, woon stil en rustig, hulle is nie bekommerd nie. Die mense wat vir God kwaad maak, voel veilig, hulle dink dat hulle met God kan doen wat hulle wil.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar daar is selfs rowers wat in rus en vrede gelaat word. En dan is daar mense wat teen God in opstand is wat steeds rustig en veilig lewe. Hulle dink dat hulle God in hulle mag het.” |