Job 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat gereed is om met sy voete te gly, is soos 'n lamp wat verag word in die gedagte van die rustige. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense wat in gemak lewe, spot met dié wat moeilikheid het. Hulle stamp ’n mens wat alreeds struikel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel. |
| Afrikaans 1983 | Vir dié wat geen kommer ken nie, pas ongeluk en smaad bymekaar, by dié wat struikel, pas 'n skop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Vir 'n ramp is veragting gepas,’ is die mening van die selfversekerde, ‘'n stamp is gepas vir hulle wie se voete swik.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As iemand self lekker lewe, dan dink hy dat hy kan spot met 'n man wat swaarkry, hy dink dat hy kan trap op 'n man wat val. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wie se lewe rustig en sonder probleme is, dink minder as niks van ander wat in die moeilikheid kom nie. Hulle sal iemand wat val nog ’n skop ook gee. |