Job 12:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is soos iemand wat met sy naaste bespot word, wat God aanroep, en hy antwoord hom; die regverdige opregte man word uitgelag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Tog lag my vriende vir my! Ek is iemand wat roep tot God en Hy antwoord my. Ek is regverdig en onskuldig, maar hulle lag vir my! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het -- 'n belagging is die regverdige, die opregte! |
| Afrikaans 1983 | “Ek is 'n grap vir my vriende, en dít iemand wat tot God roep en van Hom antwoord kry. 'n Regverdige, 'n vrome wat 'n grap is! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Voorwerp van spot vir sy medemens, dit het ek geword. ‘Toe hy voortdurend na God geroep het, het Hy hom geantwoord!’ Dit is die gespot van 'n regverdige, iemand wat onberispelik optree. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My vriende lag nou vir my. Ek het na God geroep en gevra dat Hy my moet antwoord. Ek het heeltemal reg gelewe, maar hulle lag vir my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En tog lag julle, my vriende, vir my. Die Here het my nog altyd geantwoord as ek Hom iets gevra het. Ek is ’n eerlike mens, niemand kan iets slegs van my sê nie. Nogtans lag julle vir my. |