Job 12:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy neem die hart van die owerstes van die mense van die aarde weg en laat hulle ronddwaal in 'n woestyn waar daar geen weg is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy verwyder die insig van konings en laat hulle ronddwaal in ’n wildernis sonder ’n pad.
Afrikaans 1933/1953 Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.
Afrikaans 1983 Hy ontneem wêreldleiers hulle verstand en laat hulle ronddwaal in 'n wilde wêreld sonder pad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wat die leiers van volke van die aarde se verstand wegneem, en hulle laat ronddwaal in 'n onherbergsame gebied sonder paaie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy laat die leiers van 'n land se mense onverstandig word, hulle weet nie wat hulle doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy vat leiers se vermoë weg om te verstaan en laat hulle in woeste plekke doelloos ronddwaal.