Job 12:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geen twyfel, maar julle is die volk, en wysheid sal saam met julle sterf.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle weet regtig alles, nè? Wanneer julle sterf, sal al die wysheid daarmee heen wees!
Afrikaans 1933/1953 Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
Afrikaans 1983 “Werklik, julle is die enigste mense wat iets weet! Met julle sterf die wysheid uit!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ja, julle is inderdaad ware volksgenote; en saam met julle sterf die wysheid!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Is dit waar, is julle nou die enigste mense wat wysheid het!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sjoe, maar julle is darem slim mense! As julle doodgaan, is alle kennis saam met julle daarmee heen!