Job 12:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook stuur Hy hulle uit, en hulle keer die aarde om.
Afrikaans (NLV) 2011 As Hy die reën terughou, word die aarde ’n woestyn. As Hy die waters loslaat, verspoel die hele wêreld.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
Afrikaans 1983 As Hy die water terughou, verdroog alles, as Hy dit laat losbreek, vernietig dit die aarde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, as Hy water terughou, droog dit op; laat Hy die water vry, verwoes dit die land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Hy dit nie laat reën nie, dan is dit droog. Wanneer Hy reën stuur, dan verander die aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As Hy keer dat dit reën, is daar droogte. En as Hy dit laat reën, verspoel alles weer.