Job 11:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is so hoog soos die hemel; wat kan jy doen? dieper as die hel; wat kan jy weet? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie kennis is hoër as die hemel. Wie is jy om daaroor te praat? Daardie kennis is dieper as die doderyk. Wat kan jy weet in vergelyking met Hom? |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoogtes van die hemel is dit -- wat kan jy doen? Dieper as die doderyk -- wat kan jy weet? |
| Afrikaans 1983 | Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan jý daarby uitkom? Dit is kennis wat dieper is as die doderyk. Hoe kan jy dit bereik? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is hoër as die hemel – wat kan jy vermag? Dit is dieper as die •doderyk – wat kan jy weet? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy kan soek, hoër as die hemel, dieper as die doderyk, maar jy sal nie kan uitvind hoe groot God is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hemel is baie hoog. God is nog baie hoër as dit. So ook sy kennis. Jy kan nie daarby uitkom nie. En die doderyk is verskriklik diep. Sy kennis en insig is nog dieper as dit ook. Dit is nie iets wat jy sal kan verstaan nie. |