Job 11:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat Hy jou die geheime van wysheid sou wys, dat hulle dubbel is as wat is! Weet dan dat God minder van jou eis as wat jou ongeregtigheid verdien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As Hy jou net kon vertel van die geheime van wysheid, want ware wysheid is nie eenvoudig nie. Luister! God straf jou beslis minder as dit wat jy verdien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien. |
| Afrikaans 1983 | jou wou vertel hoe ingewikkeld die wysheid is, en hoeveel dit vra om iets blywends tot stand te bring! Dan sou jy weet dat God jou nog nie eers vir ál jou sondes straf nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | jou die geheime van die wysheid meedeel, dat dit dubbele voordele bied, dan sou jy besef dat God jou 'n deel van jou sondeskuld laat vergeet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en dat Hy die geheime van die wysheid vir jou wil vertel, want ware wysheid het baie geheime. Jy moet weet dat God jou nie straf oor alles wat jy verkeerd gedoen het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wens Hy wil vir jou vertel wat die geheime van wysheid is. Ware wysheid is ingewikkeld; dit het meer as een kant. Dan sal jy insien dat God jou baie lig straf. Jy verdien eintlik om baie swaarder gestraf te word. |