Job 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moet jou leuens mense laat swyg? en as jy spot, sal niemand jou beskaamd maak nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Moet ek stilbly te midde van jou sinlose gepraat? Wanneer jy God tart, moet iemand jou nie skaam maak nie?
Afrikaans 1933/1953 Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot -- sonder dat iemand jou beskaamd maak --
Afrikaans 1983 Moet mense stilbly vir jou praatjies? Wil jy bly laster sonder dat iemand jou bestraf?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sou jou leë praatjies mense laat swyg, en sou jy die spot dryf en niemand jou beskaam nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons kan nie stilbly wanneer jy al hierdie dinge sê nie, jy het gespot, en iemand moet wys dat jy verkeerd is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet ek stilbly terwyl jy aanhou met jou gebabbel? Iemand moet jou tog reghelp omdat jy met die Here spot. Jy behoort jou te skaam.