Job 11:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die oë van die goddelose sal misluk, en hulle sal nie ontvlug nie, en hulle hoop sal wees soos die gee van die gees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die kwaaddoeners sal verblind wees. Daar is vir hulle geen ontsnapping nie. Hulle hoop verander in wanhoop.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is -- uitblasing van die laaste asem. |
| Afrikaans 1983 | Maar die oë van die goddeloses sal toegaan, daar is geen uitkoms vir hulle nie: al vooruitsig wat hulle het, is om die laaste asem uit te blaas.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die oë van goddeloses raak dof en die moontlikheid van ontvlugting is vir hulle verlore; hulle enigste verwagting is om die asem uit te blaas.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar mense wat verkeerd doen, sal niks meer kan sien nie, hulle sal nie kan vlug nie, hulle sal net wag om te sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat hulle nie aan die Here steur nie, sal alle hoop verloor. Hulle kan nêrens heen vlug nie. Hulle enigste hoop is om dood te gaan.” |