Job 10:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is dit vir jou goed dat jy verdruk, dat jy die werk van jou hande verag en skyn oor die raad van die goddelose?
Afrikaans (NLV) 2011 Wat baat U daarby om my te laat swaarkry? Waarom verwerp U my, die werk van u eie hande, terwyl U aan die kwaaddoener voorspoed gee?
Afrikaans 1933/1953 Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?
Afrikaans 1983 Vind U dit goed om my te laat swaar kry, om wat U gemaak het, met veragting te behandel, maar die planne van die goddeloses met sukses te bekroon?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Vind U dit goed dat U verdruk, dat U die werk van u hande verwerp, maar oor die planne van goddeloses lig laat skyn?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dink U dit is reg dat U my verdruk? U self het my gemaak, maar U wys dat U dink ek is nie belangrik nie. Nee, U laat dit goed gaan met die planne van mense wat verkeerd doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink U dat dit reg is om my so swaar te laat kry? Hoekom dink U so min van my? U het my tog self gemaak. Aan die ander kant is U so tevrede met die dinge wat die slegte mense doen. Ek verstaan dit nie mooi nie.