Job 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek moes gewees het asof ek nie was nie; Ek moes van die moederskoot na die graf gedra gewees het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan was ek gespaar van hierdie ellendige bestaan. Dan was ek reguit van die baarmoeder na die graf gedra.
Afrikaans 1933/1953 Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.
Afrikaans 1983 Dan sou ek gewees het asof ek nooit bestaan het nie en is ek by geboorte al graf toe gedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sou dan wees asof ek glad nie bestaan het nie. Van die moederskoot moes ek na die graf geneem word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan was ek nooit daar nie, hulle sou my na die graf gedra het dadelik nadat ek gebore is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sou dit gewees het of ek nooit eens bestaan het nie. Hulle sou my sommer reguit van my geboorte na my graf toe kon dra.