Job 10:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom het U my dan uit die moederskoot uitgelei? Ag, dat ek die gees opgegee het, en geen oog my gesien het nie! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waarom het U my dan uit my moeder se skoot gebring? Waarom het U my nie by geboorte laat sterf sodat niemand my sou sien nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het. |
| Afrikaans 1983 | “Waarom het U my in die wêreld laat kom? Ek moes liewer gesterf het voordat 'n oog my kon sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Waarom het U my uit die baarmoeder laat gaan? Ek moes omgekom het, en geen oog moes my gesien het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom het U gesê ek moet gebore word? Ek wens dat ek gesterf het voordat iemand my gesien het, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hoekom het U toegelaat dat ek gebore word? Ek moes dood gewees het voordat enigiemand my gesien het. |