Job 10:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit neem toe. U jag my soos 'n wrede leeu, en weer vertoon U uself wonderbaar oor my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek my kop optel, sou U my jag soos ’n leeu met ’n vertoon van u ontsaglike mag teen my. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra. |
| Afrikaans 1983 | Sou ek moed skep, maak U soos 'n leeu jag op my en staan U my weer voor in u onbegryplike mag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As ek wel my kop lig – soos 'n leeu jag U my, en toon weer u ontsagwekkende mag teen my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ek sterk voel, dan jag U my soos 'n leeu en dan wys U vir my dat U sterker is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En as ek dit tog sou regkry om my kop op te tel, sal U my jag soos ’n leeu. U sal net weer u geweldige krag teen my gebruik. |