Job 10:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As ek goddeloos is, wee my; en as ek regverdig is, sal ek tog my hoof nie ophef nie. Ek is vol verwarring; daarom sien jy my ellende aan;
Afrikaans (NLV) 2011 As ek skuldig is, is dit klaar met my. En selfs as ek onskuldig is, is ek gevul met skaamte en ellende sodat ek my kop laat hang.
Afrikaans 1933/1953 Was ek skuldig -- wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.
Afrikaans 1983 As ek skuldig is, wag daar ellende vir my, as ek onskuldig is, is daar vir my geen vreugde nie, want ek is oorlaai met smaad en ek beleef net ellende.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ek skuldig sou wees, wee my! En as ek gelyk sou hê, kan ek my kop nie lig nie – versadig van skande en sat van my ellende.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As ek verkeerd gedoen het, dan sal dit sleg gaan met my, en as ek onskuldig is, dan sal U my nie vryspreek nie. Ek kry baie swaar, dit gaan net sleg met my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ek daaraan skuldig was dat ek slegte dinge gedoen het, verdien ek al die ellende. Maar ek is onskuldig en tog kan ek nie my kop optel nie. Dit is omdat ek voel dat ek verskriklik verneder is en dit baie sleg met my gaan.