Job 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was 'n dag dat die seuns van God gekom het om hulle voor die aangesig van die HERE te stel, en die Satan het ook onder hulle gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eendag het die hemelwesens* voor die Here kom staan. Die aanklaer was tussen hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. |
| Afrikaans 1983 | Op 'n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe, op 'n dag, het die hemelwesens gekom om by die Here hulle plekke in te neem. Die satan het ook saam met hulle gekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag het die engele voor die Here kom staan. Die Satan het saam met hulle gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het die inwoners van die hemel na die Here toe gekom. Die Satan was saam met hulle daar. Hy het mense gewoonlik aangekla. |