Jeremiah 9:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle tong is soos 'n pyl wat uitgeskiet is; dit spreek bedrog: 'n mens spreek in vrede met sy naaste met sy mond, maar in die hart lê hy sy wag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle tonge is soos giftige pyle. Hulle praat baie vriendelik met hulle vriende, maar in hulle harte beplan hulle hulle ondergang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle tong is 'n moordpyl; dit spreek bedrog; met die mond spreek hulle van vrede met hul naaste, maar in hul binneste beraam hulle listige planne. |
| Afrikaans 1983 | Hulle tong is 'n dodelike pyl, dit lieg en bedrieg. Hulle praat met mekaar asof niks verkeerd is nie, maar in hulle binneste beplan hulle mekaar se ondergang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dodelike pyle is hulle tonge – dit uiter bedrog. Met sy mond praat iemand vrede met sy vriend, maar in sy binneste stel hy vir hom 'n hinderlaag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wat hulle sê, is soos pyle wat mense wil doodmaak. Hulle sê hulle wil vrede hê met mekaar, maar hulle is vals, hulle wag net vir die regte tyd om mekaar te laat swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle tong is soos giftige pyle. Met hulle leuens bedrieg hulle ander mense. Hulle praat met mekaar asof hulle vriende is, maar in hulle hart maak hulle planne om van mekaar ontslae te raak. |