Jeremiah 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sal ek met die dogter van my volk doen?
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê die Here, die Almagtige: “Ek sal hulle in ’n smeltoond sit en hulle suiwer soos metaal. Eintlik laat my volk My geen ander keuse as om dit te doen nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ek anders handel vanweë die dogter van my volk?
Afrikaans 1983 Daarom, so sê die Here die Almagtige, sal Ek hulle deur die smeltkroes laat gaan. Hoe kan Ek anders maak met my volk?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê die Here, Heerser oor alle magte: “Kyk, Ek gaan hulle smelt en toets. Want wat anders kan Ek doen oor die dogter van my volk?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, sê: “Omdat hulle dit alles doen, sal Ek hulle straf. Dit sal wees soos wanneer iemand metaal in vuur gooi en dit smelt. Ek kan nie anders met my volk doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is sterker as alles en almal. Hy sê: “Ek sal hulle toets vir suiwerheid soos ’n mens met metaal maak wat jy deur ’n smeltoond laat gaan. Ek kan niks anders doen as my volk so verkeerd maak nie.