Jeremiah 9:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pas op vir elkeen van sy naaste en vertrou op geen broer nie, want elke broer sal heeltemal verdring, en elke naaste sal met lastering wandel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Pas op vir jou vriende! Moenie jou familie of volksgenote vertrou nie! Hulle is almal rugstekers en versprei vals stories oor mekaar.
Afrikaans 1933/1953 Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net 'n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery.
Afrikaans 1983 Wees selfs vir 'n vriend op jou hoede, moenie eens 'n broer vertrou nie. Elke broer is 'n onderkruiper en elke vriend 'n kwaadsteker.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wees op julle hoede, elkeen vir sy vriend! Moenie enige broer vertrou nie; want elke broer is 'n bedrieër, en elke vriend gaan rond as 'n kwaadstoker.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet oppas vir mekaar, hulle kan mekaar nie glo nie, want almal bedrieg mekaar en praat sleg van mekaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Pas op vir jou vriende! Moenie jou familie of jou volksgenote enigsins vertrou nie! Hulle is almal rugstekers en versprei vals stories oor mekaar.