Jeremiah 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle span hul tong soos hul boog vir leuens, maar hulle is nie dapper vir die waarheid op die aarde nie; want hulle gaan van kwaad tot kwaad uit, en hulle ken My nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hulle span hulle tong soos ’n boog om leuens af te vuur. Hulle praat nie die waarheid nie. Die onreg wat hulle doen, raak net al hoe erger en erger. Hulle gee niks meer om vir My nie,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens, en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle woorde tref mense soos pyle: bedrog het die oorhand in die land, nie die waarheid nie. Hulle gaan van kwaad tot erger, en My ken hulle nie, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle span hulle tong soos 'n boog; met leuens, en nie met betroubaarheid nie, word hulle helde in die land. Ja, van boosheid na boosheid gaan hulle voort, en My ken hulle nie,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Hulle maak mense seer met wat hulle sê, soos pyle uit 'n boog mense seermaak. Hulle word sterk in die land, maar hulle is baie vals, hulle dien nie hulle God nie. Hulle hou aan om slegte dinge te doen, meer en meer, hulle maak of hulle My nie ken nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “My volk se leuens tref mense soos pyle. Hulle sorg nie dat die waarheid wen nie, maar die leuens. Die verkeerde goed wat hulle doen, word net al hoe erger. Hulle gee niks meer vir My om nie,” sê die Here. |