Jeremiah 9:26 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Egipte en Juda en Edom en die kinders van Ammon en Moab en almal wat in die uithoeke is, wat in die woestyn woon; want al hierdie nasies is onbesnede, en die hele huis van Israel is onbesnede in die hart.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die mense van Egipte, Edom, die Ammoniete, Moab en die woestynbewoners wat in afgeleë plekke woon. Want al hierdie volke is onbesnede. Selfs die hele huis van Israel is onbesnede van hart.”
Afrikaans 1933/1953 oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die rand van hulle hare wegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.
Afrikaans 1983 of dit nou Egipte, Juda, Edom, die Ammoniete of Moab is, of die woestynbewoners wat hulle koppe aan die kante kaal skeer, want al hierdie volke is tog maar onbesnede, en die hele Israel is onbesnede van hart, hulle is ontrou aan My.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) van Egipte, Juda, Edom, die Ammoniete, en Moabiete, van al die woestynbewoners wat hulle slape skoonskeer. Want al dié nasies is eintlik onbesnede; maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al Israel se bure is sulke mense wat Ek sal straf, die mense van Egipte, Edom, Amnon en Moab. Natuurlik die mense van Juda ook! Geeneen van hierdie buurnasies van Juda het die uiterlike tekens aan hulle liggaam om te bewys dat hulle deel van die mense van die Here is nie. Die mense van Juda se doen en late wys nie dat hulle aan die Here behoort nie. Hulle is ontrou aan die Here.”