Jeremiah 9:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is saam met die onbesnedenes; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Die tyd breek aan wanneer Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is: |
| Afrikaans 1983 | Daar kom dae, sê die Here, dat Ek selfs almal wat besny is, gaan straf, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer Ek rekenskap sal eis van almal wat aan die voorhuid besny is – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [25-26] Die Here sê: “Eendag sal Ek almal straf wat besny is: die mense van Egipte en Juda en Edom, die Ammoniete, die mense van Moab en die mense wat in die woestyn woon en wat die kante van hulle koppe kaal skeer. Hulle is besny maar hulle dien My nie, en die hele volk Israel wat besny is, dien My ook nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Daar kom ’n tyd dat Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf. Ek kyk na mense se gesindheid en stel nie in die uiterlike tekens alleen belang nie. |