Jeremiah 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar laat hom wat roem, hom daarin beroem, dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, oordeel en geregtigheid op die aarde doen; want hierin het Ek 'n welbehae, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat hulle wat wil grootpraat, spog dat hulle My ken, en begryp dat Ek die Here is wat reg en regverdig is, wie se liefde onfeilbaar is, en dat dit ook die dinge is wat My bly maak. Ek, die Here, het dit gesê!”
Afrikaans 1933/1953 maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in die dinge het Ek 'n behae, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken. Ek is die Here. Ek bewys liefde, reg en geregtigheid op die aarde, want dit is wat Ek wil hê, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Slegs hierop moet die een wat wil roem, hom beroem: dat hy insig het en My ken, naamlik dat Ek die Here is wat troue liefde, reg en geregtigheid handhaaf op aarde; want daarin vind Ek vreugde.” Dit is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as iemand wil spog, dan moet hy hieroor spog: dat hy My, die Here, ken en dat hy weet Ek doen wat Ek belowe het. Ek doen reg en Ek is goed vir al die mense op die aarde. Ja, dit is waarvan Ek hou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As daar mense is wat tog wil spog, is daar net een goeie rede, en dit is dat hulle insig het en My ken. Ek is die Here wat altyd regverdig optree en sorg dat ander dit ook doen. Omdat Ek julle liefhet, sal Ek julle nie in die steek laat nie. Dit is wat Ek van julle verwag. Dit sal My baie bly maak,” sê die Here.