Jeremiah 9:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Laat die wyse nie roem in sy wysheid nie, en laat die sterke nie roem in sy sterkte nie, laat die ryk man nie roem in sy rykdom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Mense met insig moenie spog met hulle kennis nie. Sterk mense moenie grootpraat oor hulle krag nie. Ryk mense moenie roem in hulle rykdom nie.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;
Afrikaans 1983 So sê die Here: Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie, die soldaat nie in sy krag nie, die ryk man nie in sy rykdom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here: “'n Wyse moet hom nie op sy wysheid beroem nie, 'n magtige moet hom nie op sy krag beroem nie, en 'n ryke moet hom nie op sy rykdom beroem nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Die wyse mens moenie spog oor sy wysheid nie, die sterk mens moenie spog oor sy krag nie, die ryk mens moenie spog oor alles wat hy het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “’n Mens wat wysheid het, moet nie loop en spog met sy kennis nie. Net so moet iemand wat sterk is, nie grootpraat oor sy krag nie. Dieselfde geld vir mense wat ryk is; hulle moet nie dink hulle is beter as ander mense omdat hulle baie geld en goed het nie.