Jeremiah 9:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek: So sê die HERE: Selfs die lyke van mense sal val soos mis op die oop veld en soos 'n handvol agter die oesman, en niemand sal dit bymekaarmaak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy moet sê: Die Here sê: “Lyke sal oral soos mis op die oop velde lê. Dit sal lyk soos bondels graan wat afgeoes is. Niemand sal oorbly om hulle te begrawe nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê dit: So spreek die HERE: En die lyke van die mense sal neerval soos mis op die oop veld en soos gerwe agter die maaier sonder dat iemand dit versamel. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet sê: So sê die Here: Die lyke van die mense wat val, sal soos hopies mis lê op die veld, soos gerwe agter dié wat oes, maar niemand sal hulle optel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Sê, ‘Die volgende is 'n uitspraak van die Here: “Die lyke van mense sal soos mis op die oop veld lê, en soos gesnyde graan agter die snyer, sonder dat iemand dit bymekaarmaak.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet sê wat die Here sê: Die lyke van die mense sal soos mis op die grond val of soos koring-are wat val wanneer iemand dit afsny en niemand tel dit op nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet sê, die Here sê: “Die lyke van mense sal oral op die oop velde lê soos mis. Dit sal ook lyk soos die bondels graan op die landerye nadat dit afgeoes is. Niemand sal dit bymekaarmaak nie. Net so sal daar absoluut niemand oor wees om die mense te begrawe nie.” |