Jeremiah 9:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die dood het in ons vensters opgekom en in ons paleise ingegaan om die kinders van buite af uit te roei en die jongmanne van die strate af.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die dood het ons huise binnegekom deur die vensters. Kinders speel nie meer in die strate nie. Jongmense kom nie meer bymekaar op die stadspleine nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die dood het in ons vensters opgeklim, in ons paleise ingekom om die kinders van die straat af uit te roei, die jongmanne van die pleine af.
Afrikaans 1983 “Die dood het by ons vensters ingeklim, in ons mooi huise ingekom, dit roei die kinders uit op die strate, die jongmense op die pleine.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ja, die dood het deur ons vensters geklim; dit het ons vestings binnegedring deur kleuters wat in die strate en jong manne wat op die dorpspleine was, uit te roei.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want daar is pes in die stad, die dood het by ons vensters ingeklim, en ons kinders en ons jongmense sterf op die strate en op die oop stukke grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as hulle vra hoekom hierdie soort liedere geleer moet word, is die antwoord: ‘Die dood het deur die venster in ons huis ingekom. Daar is nie meer kinders wat in die strate kan speel of jongmense wat by die stadspleine bymekaar kan kom nie.’”