Jeremiah 9:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor tog die woord van die HERE, o vroue, en laat julle oor die woord van sy mond aanneem, en leer julle dogters 'n weeklag en elkeen van haar naaste 'n klaaglied. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vroue, luister na die woorde van die Here. Hoor baie duidelik wat Hy sê. Leer julle dogters ’n treurlied, leer hulle om klaagliedere te sing. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hoor, o vroue, die woord van die HERE, en laat julle oor opvang die woord van sy mond; en leer julle dogters 'n weeklag en vir mekaar 'n klaaglied. |
| Afrikaans 1983 | Vrouens, luister na die woord van die Here, neem alles in wat Hy sê. Leer julle dogters om te kla, laat hulle mekaar klaagliedere leer: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, vroue, luister na die woord van die Here, en laat julle ore die woorde van sy mond inneem. Leer julle dogters 'n treurlied, vir mekaar 'n klaaglied: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar, vroue, julle moet luister wat sê die Here nog. Julle moet vir julle dogters leer om te treur en 'n klaaglied te sing, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vroue van die land moet luister wat die Here te sê het. Hoor baie mooi wat Hy sê: “Julle moet julle dogters leer om hartseer te word. Verder moet die vroue mekaar leer om liedere te sing wat by dood en begrafnis sal pas. |