Jeremiah 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ag, as ek in die woestyn 'n verblyfplek van wandelaars gehad het; dat Ek my volk kan verlaat en van hulle af weggaan! want hulle is almal egbrekers, 'n vergadering van ontroue.
Afrikaans (NLV) 2011 As ek maar net ’n herberg in die woestyn gehad het! Dan sou ek daarheen ontsnap en my mense agterlaat. Want my volk is niks anders nie as egbrekers en ’n klomp verraaiers.
Afrikaans 1933/1953 Ag, het ek in die woestyn maar 'n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; want hulle is almal owerspelers, 'n hoop ontroue mense.
Afrikaans 1983 Ag, was daar maar in die woestyn 'n herberg dat ek my volk hier kon agterlaat en van hulle af kon weggaan daarnatoe. Hulle is almal egbrekers, 'n klomp ontrou mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ag, was daar maar in die woestyn 'n oornagplek vir reisigers! Dan sou Ek my volk verlaat en van hulle af weggaan; want hulle pleeg almal egbreuk, hulle is 'n bende troueloses.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wens iemand gee vir my 'n herberg in die woestyn, dan sal ek daarnatoe gaan, weg van my volk, want hulle is almal mense wat afgode dien, hulle is almal ontrou aan die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wens ek het ’n hut in die woestyn gehad. Wat sou ek nie gee om net daarheen te ontsnap en my mense agter te laat nie. Die mense van my volk is almal ontrou in hulle verhoudings. Hulle is ’n klomp verraaiers.”