Jeremiah 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want 'n stem van geween word uit Sion gehoor: Hoe is ons verwoes! ons is grootliks beskaamd, omdat ons die land verlaat het, omdat ons wonings ons verdryf het.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die geluid van rouklag word in Sion gehoor: ‘Verwoesting het ons getref! Ons is verneder, want ons moet die land verlaat, en ons huise het puinhope geword.’”
Afrikaans 1933/1953 Want die geluid van weeklag word uit Sion gehoor: Hoe is ons verwoes! Ons het diep in die skande gekom, omdat ons die land moet verlaat, omdat hulle ons wonings omgegooi het.
Afrikaans 1983 Hoor hoe kla dit uit Sion; hoe het die verwoesting ons getref, hoe is ons verslaan! Ons moet die land verlaat, ons huise word omgestoot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want die geluid van treursang word uit Sion gehoor: “Hoe is ons verwoes! Ons staan diep beskaamd, want ons moes die land verlaat, omdat hulle ons woonplekke platgeslaan het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons hoor hoe huil die mense in Sion. Hulle sê: “Die vyande het ons weggejaag en ons het alles verloor, ons moet weggaan uit die land, want hulle het ons huise afgebreek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uit Jerusalem kan ’n mens die desperate gehuil van die mense van die stad hoor. Hulle roep uit: ‘Dit is klaar met ons! Ons is tot die grond toe verneder! Ons is uit die land gedryf en ons huise is platgeslaan.’”