Jeremiah 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En laat hulle gou maak en 'n geween oor ons aanhef, sodat ons oë kan afloop van trane en ons ooglede kan uitvloei van water. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak gou en huil oor ons! Laat trane vloei uit julle oë. |
| Afrikaans 1933/1953 | en laat hulle gou maak en oor ons 'n weeklag aanhef, sodat ons oë afloop in trane en ons ooglede stroom van water. |
| Afrikaans 1983 | Hulle moet gou maak en 'n klaaglied oor ons sing, sodat die trane uit ons oë loop, ons oë nat is van die trane. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet gou maak en oor ons 'n treurlied aanhef, sodat ons oë van trane vloei, en ons ooglede stroom van water; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die volk het gesê: “Die vroue moet gou maak en hulle moet oor ons kom treur, sodat ons oë ook vol trane kan word en ons saam kan huil.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet gou maak en met hulle gehuil begin. So sal hulle ons kan help om ook baie droewig te huil. |