Jeremiah 9:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: Let op en roep die treurende vroue, dat hulle kan kom; en stuur geslepe vroue, dat hulle kan kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, sê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is! Roep die vroue wat rouklaag om treurliedere te kom sing. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare: Let op, en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom; |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige: Luister goed! Roep al die klaagvroue dat hulle kom, laat kom die vroue wat weet hoe om klaagliedere te sing. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Wees verstandig en roep die klaagvroue, sodat hulle kom. Ontbied die kundige vroue, sodat hulle kom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Roep die huilvroue. Laat kom die vroue wat weet hoe om te treur.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het ook gesê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is. Roep al die mense wat gewoonlik by begrafnisse huil, bymekaar. Ook dié wat treurige liedere kan sing. |