Jeremiah 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat hulle en hulle vaders nie geken het nie; en Ek sal 'n swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle verteer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat nóg hulle nóg hulle voorouers geken het. Ek sal hulle met die swaard agtervolg totdat Ek hulle heeltemal uitgewis het.”
Afrikaans 1933/1953 en Ek verstrooi hulle onder die nasies wat hulle en hul vaders nie geken het nie, en stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle verteer het.
Afrikaans 1983 Ek sal hulle verstrooi onder nasies vir wie nóg hulle nóg hulle voorvaders geken het. Ek sal hulle met die swaard laat agtervolg totdat Ek hulle almal laat uitroei het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hulle verstrooi onder nasies wat hulle en hulle voorouers nie geken het nie, en Ek stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle vernietig het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal hulle na al die kante toe jaag tussen ander volke in, volke wat hulle en hulle voorvaders nie geken het nie. Ek sal vyande stuur om hulle dood te maak totdat hulle almal dood is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hulle onder ’n klomp nasies versprei. Hulle sal vreemdelinge in hierdie lande wees, want nie hulle of hulle voorouers het hierdie nasies vroeër geken nie. Selfs daar sal hulle nie wegkom nie. Ek sal hulle vyande hulle laat agtervolg totdat daar net mooi niks van hulle oorbly nie.”