Jeremiah 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het gewandel volgens die verbeelding van hulle eie hart en agter die Baäls aan wat hulle vaders hulle geleer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is hardkoppige mense wat net doen wat hulle wil. Hulle het die Baäls aanbid soos hulle by hulle voorouers geleer het.”
Afrikaans 1933/1953 maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Baäls aan, waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het,
Afrikaans 1983 hulle het agter hulle eie harde koppe aangegaan en agter die Baäls aan soos hulle voorvaders hulle geleer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar agter die verstoktheid van hulle eie harte en agter die Baäls aangeloop het, soos hulle voorouers hulle geleer het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) hulle was hardkoppig, hulle het gelewe soos hulle self besluit het. Hulle het die Baäls gedien soos hulle voorvaders vir hulle geleer het om te doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om die waarheid te sê, hulle is hardkoppige mense wat net doen wat hulle wil. Hulle het gebuig voor die beelde van die god Baäl soos hulle by hulle voorouers geleer het.”