Jeremiah 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? en wie is dit met wie die mond van die HERE gespreek het om dit te verkondig, want wat die land vergaan en verbrand word soos 'n woestyn, wat niemand deurtrek nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is daar iemand wat genoeg insig het om te verstaan hoekom hierdie dinge gebeur? Vir wie het U onderrig sodat hy dit weer vir iemand anders kan verduidelik? Hoekom is hierdie land so erg verwoes dat niemand dit eers wil waag om daardeur te gaan nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van die HERE gespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie? |
| Afrikaans 1983 | Waar is die wyse man wat dít kan verstaan? Met wie het die Here gepraat dat dié dit kan vertel? Waarom het die land te gronde gegaan, waarom is dit verwoes dat dit soos 'n woestyn is waar niemand verbygaan nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie is die mens wat wys genoeg is om dit te verstaan, iemand met wie die mond van die Here gepraat het, sodat hy dit kan verduidelik? Waarom het die land ten gronde gegaan, lê dit verwoes soos 'n woestyn, sonder dat iemand daardeur trek? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, Jeremia, het gevra: “Waar is 'n wyse mens wat dit kan verstaan? Met wie het die Here gepraat? Wie kan vir ons sê hoekom dit gebeur het? Hoekom is die land verwoes? Hoekom het dit soos 'n woestyn geword waar niemand verbygaan nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek vra toe: “Is daar iemand wat genoeg insig het om te verstaan hoekom al hierdie dinge gebeur? Het U dit vir iemand gesê wat dit aan ander mense kan verduidelik? Hoekom is hierdie land so erg verwoes dat niemand dit eens wil waag om daardeur te gaan nie?” |