Jeremiah 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal Jerusalem tot hope en 'n kuil van jakkalse maak; en Ek sal die stede van Juda 'n wildernis maak, sonder inwoner.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal Jerusalem maak tot ’n bouval. Dit sal ’n plek wees waar die jakkalse graag sal lê. Die dorpe van Juda sal spookdorpe wees, want niemand sal meer daar bly nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal Jerusalem maak tot kliphope, 'n lêplek van jakkalse; en die stede van Juda sal Ek 'n woesteny maak, sonder inwoner.
Afrikaans 1983 Ek sal Jerusalem 'n hoop klippe maak, 'n woonplek van jakkalse. Ek sal die stede van Juda verlate plekke maak sonder inwoners.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek gaan van Jerusalem klipstapels maak, 'n lêplek vir jakkalse; en die dorpe van Juda gaan Ek 'n woesteny maak, sonder inwoners.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek sal Jerusalem verwoes, dit sal net hope klippe wees, en daar sal jakkalse woon. Ek sal die mense wegvat uit die stede van Juda, niemand sal daar woon nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Ek sal Jerusalem soos ’n bouval maak. Dit sal ’n plek wees waar die jakkalse graag sal lê. Die stede van Juda sal leegloop, want niemand sal meer daarin bly nie.”