Jeremiah 9:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Oor die berge sal Ek 'n geween en geween aanhef, en oor die woonplekke van die woestyn 'n klaaglied, omdat hulle verbrand is, sodat niemand daardeur kan gaan nie; en mense kan die stem van die vee nie hoor nie; sowel die voëls van die hemel as die dier het gevlug; hulle is weg.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal huil en kla oor die berge en die weivelde van die woestyn. Hulle is verlate, sonder enige teken van lewe. ’n Mens hoor ook nie meer die beeste bulk nie. Selfs die voëls het gevlug en die wilde diere is weg.
Afrikaans 1933/1953 Ek sal geween en geklaag aanhef oor die berge en 'n klaaglied oor die weivelde van die woestyn; want hulle is verwoes, sodat niemand daar deurtrek nie, en 'n mens hoor geen geluid van vee nie; die voëls van die hemel sowel as die diere -- hulle het gevlug, weggetrek.
Afrikaans 1983 Ek sal huil en kla oor die berge, Ek sal 'n klaaglied sing oor die weivelde in die woestyn. Hulle is verwoes, niemand kom daar verby nie, 'n mens hoor daar geen diere nie; al die voëls en diere het padgegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor die berge sal Ek 'n geween, 'n treurlied aanhef, en oor die weivelde in die woestyn 'n klaaglied; want dit lê verskroei, sodat niemand daardeur trek nie, en die geluid van vee nie meer gehoor word nie. Die voëls in die lug, sowel as die diere, het gevlug, hulle het padgegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, Jeremia, sal huil op die berge en in die weivelde, ek sal treur en 'n klaaglied sing, want die berge en die weivelde is verwoes. Niemand kom daar nie, daar is nie skape of bokke nie, en al die voëls en die wilde diere is weg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek huil omdat daar nie meer weiding vir die diere teen die hange van die berge is nie. Die ou weivelde lê ook verwaarloos en niemand gebruik dit meer nie. My hart is stukkend daaroor. ’n Mens hoor ook nie meer die beeste se gebulk nie. Selfs die voëls en die wilde diere het almal padgegee.”