Jeremiah 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ag, was my hoof waters en my oë 'n fontein van trane, dat ek dag en nag kon ween oor die wat verslaan is van die dogter van my volk!
Afrikaans (NLV) 2011 Ag, ek wens my kop was soos ’n waterspruit, my oë soos ’n fontein vol trane. Dan sou ek dag en nag huil oor my mense wat geslag is.
Afrikaans 1933/1953 Ag, was my hoof maar water en my oog 'n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is van die dogter van my volk.
Afrikaans 1983 Ag, was my kop maar vol water en my oë 'n fontein met trane, dan sou ek dag en nag huil oor my volksgenote wat gesneuwel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ag, was my hele kop maar water, en my oog 'n fontein van trane, sodat ek dag en nag kon huil oor die gesneuweldes van die dogter van my volk!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wens my kop was vol water, en my oë fonteine vol trane. Dan het ek elke dag en nag aangehou huil oor my volk se manne wat in die oorlog gesterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder het Jeremia gesê: “Ag, ek wens my kop was soos ’n put wat vol water is en my oë soos ’n fontein vol trane. As dit maar so kon wees, sou ek dag en nag gehuil het oor al my mense wat doodgemaak is.