Jeremiah 8:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wyse manne staan beskaamd, hulle is verskrik en gevange; kyk, hulle het die woord van die HERE verwerp; en watter wysheid is daar in hulle?
Afrikaans (NLV) 2011 Julle wyse mense sal in die skande kom, want hulle is verward en vasgevang in hulle eie manier van dink. Hulle het die Here se woord verwerp. Hoe wys is hulle werklik?
Afrikaans 1933/1953 Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van die HERE verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?
Afrikaans 1983 Die wyse mense staan verslae, hulle is verbyster, in hulle eie net gevang. Hulle het die woord van die Here verwerp, en wat baat hulle wysheid hulle nou?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wyses sal beskaamd staan, verslae wees en gevange geneem word. Kyk, hulle het die Here se woord verwerp. Watter soort wysheid het hulle dan?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat dink hulle het wysheid, bly nou stil, hulle weet nie wat hulle moet sê nie. Dit is omdat hulle nie geluister het na wat Ek sê nie, en daarom het hulle ook nie wysheid nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie kamstige slim skrywers sal in die skande kom, want hulle is verward en vasgevang in hulle eie manier van dink en doen. Hulle dink niks van wat Ek, die Here, sê nie. Is hulle dan nou so danig slim?