Jeremiah 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom word hierdie volk van Jerusalem dan deur 'n ewige afvalligheid teruggeskuif? hulle hou vas aan bedrog, hulle weier om terug te keer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waarom hou hierdie volk aan om af te dwaal? Hoekom hou Jerusalem aan om My te bedrieg? Hoekom weier hulle om terug te kom? |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom is dan hierdie volk, Jerusalem, afkerig met 'n aanhoudende afkerigheid? Hulle hou vas aan bedrog, hulle weier om terug te keer. |
| Afrikaans 1983 | Waarom draai hierdie volk weg van My af, en waarom hou Jerusalem aan om van My af weg te draai? Hulle hou vol met hulle bedrog, hulle weier om na My toe terug te draai. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom is hierdie volk, hierdie Jerusalem afvallig, met 'n blywende afvalligheid? Hulle hou vas aan misleiding, hulle weier om terug te draai. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom hou hierdie mense van Jerusalem aan om van die regte pad af te loop? Hulle hou aan om afgode te dien wat niks beteken nie, hulle wil nie terugkom na My toe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vertel My, waarom hou hierdie mense aan om af te dwaal? Hoekom hou die mense van Jerusalem aan om My te bedrieg en weier hulle om na My toe terug te kom? |